Communitas

Ons Geskiedenis

Die ou “Halfway House” tussen Johannesburg en Pretoria het oor die afgelope halfeeu gegroei tot Midrand, ‘n nuwe ontluikende stad tussen die groot stede.

Die NG Kerk Midrand is in 1969 gestig en het hierdie metamorfose gesien gebeur. Nadat die Afrikaanse klasse in die skole in 2002 op die dorp toegemaak het, het ons die behoefte aan ‘n geborge Afrikaanse gemeenskap in Midrand gesien.  Ons het begin om dit aan te spreek deur skole te open.

Vandag is ons ‘n gemeenskap met opvoedingsinstelllings vanaf 4 maande tot matriek, ‘n kerk en fasiliteite en gebeure wat die gemeenskap in Midrand bymekaar bring en ophef.

Jupiterlaan 18

Crowthorne, Midrand

Share on facebook
Share on whatsapp
Share on twitter
Share on email