Communitas
Wie is ons?
Communitas is ‘n hegte gemeenskap van skool, gemeenskap en kerk in Midrand. Ons is Afrikaans, maar altyd inklusief, met ruimte vir almal in Midrand en omgewing.
Communitas beteken ‘Gemeenskap’ / ‘Community’ in Latyn.
Ons Geskiedenis / Ons Ontstaan
Die ou “Halfway House” tussen Johannesburg en Pretoria het oor die afgelope halfeeu gegroei tot Midrand, ‘n nuwe ontluikende stad tussen die groot stede.
Die NG Kerk Midrand is in 1969 gestig en het hierdie metamorfose gesien gebeur. Nadat die Afrikaanse klasse in die skole in 2002 op die dorp toegemaak het, het ons die behoefte aan ‘n geborge Afrikaanse gemeenskap in Midrand gesien. Ons het begin om dit aan te spreek deur skole te open.
Vandag is ons ‘n gemeenskap met opvoedingsinstelllings vanaf 4 maande tot matriek, ‘n kerk en fasiliteite en gebeure wat die gemeenskap in Midrand bymekaar bring en ophef.
Wat bied ons aan die Gemeenskap?



Jupiterlaan 18
Crowthorne, Midrand
Midrand Afrikaanse Akademie
EarthKids Baba Sentrum
NG Kerk Midrand
Party Venue